Vryheid: sit, staan, kniel
SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS:Sondag 14 Sept 2008
TEMA: Die lewe is wonderlik!
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Vooraf musiek & afkondigings |
Welkom Nuwe intrekkers Terreinplan Kinderkerke Jy’s nie meer slaaf nie....1535 padkos....padkos5 St5kamp...5kamp Jean en tekkiediens...jean |
Afkondig? |
MG |
5 minute vooraf |
|
|
Liturg |
Welkom & groet Wie’s die oudste oupa/ouma in die kerk vandag? Wie van julle het ‘n oupa of ouma wat nog leef? Wie het ‘n wonderlike oupa of ouma gehad? Wie het ‘n tannie of oom wat net soos ‘n oupa of ouma is? Gedigte: Oupa en Ouma (Werner van Blommenstein) Hallo Oupa... Ons laaik jou kwaai Jou hou mos, nes ons, van goeters wat lawaai Slange en goggas, akkedisse, motors en trokke Baie lekkerder as daai goeters by die skool met rokke Hi Ouma... Jou kos en soet goedjies Baie lekkerder as ons juffrou se pouse koekies Ouma, jou rooi goeters met pleisters Maak alles beter, betterder as oom dokter met sy ding wat kyk of ons ore nog kan luister Oupa, my pa sê jou hare is grys Blykbaar van een of ander iets met wys Ouma, Oupa sê jy laaik goggas en goeters onder jou kussing Is dit hoekom jy gesê het ons moet met taai tonge in sy oor fluister? Oupa, sorry vir al daai goeters wat ons laas gebreek het Pa sê, as ons jou sê, gaan ons gate nie weet wat hul getref het Ouma, sorry vir daai modder op jou mat Taai sweets in jou bed en in jou bad Soos van katjie botter en stroop na kaas en polonie op ons brood So sê ma, word ons groot Soos ‘n soen op die bek voor die skool se hek Wat verander na ‘n vryf op die kuif as die girls kyk Word ons groot… maar een ding bly dieselfde Ons verstaan nie altyd die groot-mens goed wat julle vir ons sê Maar ons weet, dis lekker om ‘n oupa en ouma soos julle te hê |
welkom oudste 0001 |
|
Liturg |
Gebed |
|
stilgebed |
Liturg |
Oproep tot lof |
Ps 71:14-17 |
0003 (sound) |
MG & Mooirivier Sanggroep |
Lof |
Ek weet verseker .. 717 As die lewenstorme woedend . . . . . . . . 629 HL444:1-2 “Wat ‘n vriend” ...1065 |
717:1-2 629:1-3 1065:1-2 |
|
Solo |
1. Prys die Heer 2. He’s the One! 3. Tot in die ouderdom |
0004 0005 0006 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
C: Psalm 71:6 T: Psalm 71:9 C: Psalm 71:15 T: Psalm 71:18 C: Psalm 71:20 |
0007 (sound) |
MG & Mooirivier Sanggroep |
Aanbidding |
Die Here is my herder . . . 691 Doen slegs U wil, Heer. . . 694 Halleluja, U is koning .. . 770 |
691 (2x) 694 (1-3) 770 (v1 2x) |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
Spreek Heer, spreek Heer . .. . 1002 |
Stilgebed |
Liturg |
Skriflesing |
Pred 9:7-10 |
Skrif |
Liturg |
Preek |
Wat is die sin van die lewe? Geniet die lewe! |
Preek |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens Elsabe |
Offergawe |
Afkondings op bord Die sin van my bestaan |
Dankoffers- afkondig |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
‘n Bietjie meer tyd ... 921 Gaan dan heen .. . 762 |
921 762 |
Liturg |
Seën |
|
|
Happies
Titel: My lewe is 'n pizza
Deur: Mrs T
Druk hierdie happie
My lewe is soos ‘n pizza, elke dag met ‘n verskillende topping en altyd lekker deurmekaar. Partykeer is dit ‘n seafood pizza, ander kere ‘n ham, pynappel en kaas, met baie sous en rafel ek uit, soos die kaas as jy aan my hap en hap.
Die olywe is byvoorbeeld die klippe op my lewenspad. Die lewe bestaan uit keuses en elke keuse het ‘n nagevolg.
Keuse 1: Gryp die vurk en begin op ‘n punt, verwyder elke iedere olyf. Soms sal jy moet soek, onder die pynappel en kaas, soms sal die olyf in stukkies breek en moet jy maar geduldig stukkie vir stukkie verwyder. Daarna voel jy tevrede en kan jy jou pizza geniet, die hele een, sonder om bekommerd te wees oor olywe wat ‘n bitter smaak in jou mond gaan los.
Keuse 2: Eet al om die olywe en in die proses mis jy uit op al die lekker sous en kaas en mors jy meer as die helfde van jou pizza. Jy kan later selfs spyt wees omdat jy soveel geleenthede in die lewe misgeloop het, net omdat jy nie die kans wou waag nie.
Kyk dus elke dag jou probleme vierkantig in die oë. Wees positief, kyk wat jy kan verander en aanvaar as daar niks is wat jy daaraan kan doen nie. Poog om elke dag ‘n positiewe verskil in iemand se lewe te maak, al is dit net ‘n kompliment, ‘n glimlag of ‘n vriendelike wuif van die hand.
So help ons mekaar op ons reis deur die lewe...
Preekskets
Skrywer: Salomo
Soort geskrif
• Lewe = lewe onder die son
• “Alles kom tot niks” = 38x
• Soort boek wat iemand aan einde van lewe skryf
• Berou oor klomp dinge en besluite
• Skryf Spreuke as ‘n wyse leermeester, Hooglied as toegewyde minnaar maar Prediker as “Prediker”
• Hebreeus = Koheleth
• Dui op die amptelike spreker van ‘n vergadering of byeenkoms
• Elment van debatvoering
• Besig om debat te voer met homself oor die sy lewe.
• Boek Prediker maak nie aanspraak op woorde van die Here nie.
• Eerder ‘n eerlike gesprek en redenasie met jouself.
• Aanvanklik 3 argumente:
• niks het verander
• niks is nuut
• niks word verstaan nie
• Gevolgtrekking: Die lewe is nie die moeite werd nie.
• Die lewe is vervelig
• Wysheid vergaan
• Rykdom vergaan
• Almal gaan dood
• Slotsom:
• Die lewe is ‘n avontuur - geniet dit
• Die lewe is ‘n gawe - geniet dit
• Die lewe is ‘n skool - leer daaruit
• Die lewe is ‘n rentmeesterskap - vrees God.
Salomo se twee ontdekkings:
Die dood is seker
• Oor en oor in die boek Prediker praat hy van die dood:
• stof
• ewige woning
• “die een wat na hom kom”
• “‘n tyd om te sterwe”
• “doodgaan” - asem boontoe of ondertoe?
• “almal gaan na dieselfde plek toe”
• “goue kruik stukkend breek”
• “wiel by die put stukkend val”
• “stof na die aarde toe terugkeer”
• Het julle agtergekom hoe baie hoor ons van die dood?
• Hierdie week: 11 Sept - 3000 mense dood
• Orkaan Aik - soveel mense dood.
• Geweld aan die Rand - soveel mense dood.
• Ongeluk op die een van die hoofroetes - soveel mense dood.
• Oom Martin se broer hierdie week oorlede.
• Een van die meisies wat saam Tersia in die skool was hierdie week oorlede.
• Dis net dood...dood...dood
• Wat sê dit vir ons?
• Die dood is nie ‘n oumensding nie.
• Dit gebeur elke dag.
• Dit gebeur met almal.
• Dis nie vir ons lekker om daaraan te dink nie - daarom gebruik ons eufenismes:
• “tydelike met die ewige verwissel”
• “weggegaan”
• “afgesterwe”
• “na die Here toe”
• Maak nie saak watter woorde ons gebruik nie- dis ‘n realiteit!
• Nie deel van die lewe - dit beeindig lewe!!
• Dood is ‘n indringer.
• Dood is ‘n vyand.
• Dood is sleg!
• Prediker sê selfs ‘n lewe op sy laagtepunt is beter as om dood te wees.
• Pred 9:4-6 “Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop. ‘n Hond wat lewe, is beter as ‘n leeu wat dood is. Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet; dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog. Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.”
Die lewe is onseker (9:7-12)
• Jy weet nie hoe lank gaan jy hier wees nie.
• Lewe soos Monopoly
• Op ‘n dag word alles in ‘n boksie gegooi en “game over”
• Daarom: Geniet elke dag voluit!!
• 5 woorde: gaan, eet, drink, geniet, doen
• Lewe is kort: gaan geniet dit voluit!
Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly gemoed;(9:7)
• Pred 2:24 Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ‘n gawe uit die hand van God is.
• Melgisedek bring brood en wyn (Gen 14:18)
• Isai stuur brood, sak wyn en ‘n bokkie na Saul (1Sam 16:20)
• Brood en wyn = tekens van oorvloed / vreugde/ partyjie
• Tekens dat God sorg.
• Prediker sê: geniet die maniere waarop God sorg in jou lewe.
• Spandeer tyd om die dinge te geniet wat God jou gegee het.
• Maak tyd om rustig te eet en te kuier saam familie.
• Interessant hoeveel tyd Jesus aan tafel spandeer het.
Want: God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.
• God wil hê dat jy dit moet geniet!
• God keur dit goed!
• Nuwe Testament: Jesus het ons kom versoen met God
• Ons is reeds goedgekeur
• Daarom kan ons feesvier en die lewe geniet.
Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie.
• Bybeltyd: Rou - swart klere - as op hulle koppe
• Kan iemand wat rou ver uitken: swart klere, dowwe as-hare
• Opdrag: Dra altyd wit klere - olie op julle hare
• Moenie lyk soos mense wat rou nie.
• Julle moet net mooi anders lyk as mense wat rou!!
• Olie: soos deodorant / aftershave / cologne - lekker ruik
• Ons lyk baie keer soos mense wat rou
• Nog meer: ons lyk soos begrafnisondernemers
• Nee!!!
• Ons moet feesklere aantrak!
• Ons hare moet shine!
• Ons moet lekker ruik!
• Hoekom? Want die lewe is lekker!!
• Miskien sê jy: ek kan nie feesvier nie - ek kan enige oomblik doodgaan.
• Juis daarom moet jy feesvier!
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet
• Salomo: man in die Bybel met die meeste vroue!
• Aan einde van lewe: Geniet die lewe met die VROU (enkelvoud) wat jy liefhet.
• Les: Al hierdie vrouens en troues en alles maak ‘n mens nie gelukkig nie
• Wat ‘n mens gelukkig maak: tyd saam met die persoon wat jy regtig liefhet.
• Glynn Wolfe died alone in Los Angeles at the age of 88. No one came to claim his body; the city paid to have him buried in an unmarked grave. This is sad, but not unusual. It happens all too often in large cities where people tend to live disenfranchised lives. Glynn’s situation was unique, however, because he was no ordinary man. He held a world record. The Guinness Book listed him as the Most Married Man, with 29 marriages to his credit. This means 29 times he was asked, “Do you take this woman to be your lawfully wedded wife…forsaking all others, do you pledge yourself only to her, so long as you both shall live?” Twenty-nine times Glynn Wolf said, “I do,” but it never quite worked out that way. He left behind several children, grand-children, great grand-children, a number of living ex-wives, and innumerable ex-in-laws—and still, he died alone. He spent his entire adult life looking for something he apparently never found—and he died alone. (Uit Bible.org Living while you’re living)
• “There is an ancient quote from The Talmud—a commentary on Jewish law—that states, “A man should eat and drink beneath his means, clothe himself within his means, and honor his wife above his means.” (Uit Bible.org Living while you’re living)
Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen
• Op 80: Jou lewe op aarde is ongeveer 700 000 ure lank.
• 230 000 ure slaap
• 56 000 ure werk
• 11 000 ure skool
• 400 000 ure oor.
• Kuierby vriende
• Spandeer tyd aan jou familie
• Doen sport
• Kies ‘n stokperdjie
• Toer die wêreld
• skryf briewe
• Besoek ‘n goeie koffieshop
• Geniet jou lewe!!
• Verskoning: Ek is nou al te oud!
• Martin Sherwood skryf: Name van 400 bekendste mense van alle tye gekies (staatsmanne, digters, skilders, komponiste ens).
• 35% van die wêreld se prestasies is behaal deur mense tussen 60-70.
• 23% tussen 70-80.
• 6% bo 80.
• Dus:64% van wêreld se grootste prestasies is behaal deur mense bo 60.
Iemand het geskryf: Om te sterf is niks. Die dwaas kan dit ook doen. Maar om sinvol te leef - dit is genade van God. Dit is die kuns. Dit is die heerlikheid!
Victor Frankl: Die groot vraag is nie watter sin die lewe vir my het nie, maar watter sin ek daaraan kan gee.”
Slot: As ek my lewe kon oor hê (Anoniem) - p515 in die Groot boek van Illustrasies).